---- Niks word hier gewaarborg behalwe goeie intensies, goeie herinneringe, goeie humor ens. nie. Hou asseblief by die morele waardes wat jy saam met ons op skool geleer het. ----
   
  Hoërskool Jan De Klerk Klas van 1985 Kuier Blad
  Vertel ons van Jouself
 
Gebruik asb hierdie spasie om die Jannas maats meer omtrent jouself te vertel, wie jy was op skool, wie jou maats was ens. Wat doen jy sedert matriek, waar woon jy, is jy getroud, het jy kinders, ens ens ens.

Name:
Your Email address:
Homepage:
Your MSN-name:
Your Yahoo-ID:
Your rating for this website:
Your message:

<- Back  1  2  3  4  5 Continue -> 
Name:Jaco [ Jakes ] Kleynhans
E-Mail:jacokleynmweb.co.za
Homepage:-
Rating:1
Time:07/30/2009 at 6:33pm (UTC)
Message:Hi Gert.
Het per-ongeluk die site ontdek nadat ek inligting gesoek het op Facebook. Bly om te sien dat dit nog goed gaan met jou. Ek het nog net kontak met Skroef [ Renier ] Brink van die '82 groep. Weet jy dalk wat het van Rudie en Wynand geword? Hoor graag van jou.

Name:Amalia was Bonthuys is nou Van der Byl
Homepage:-
Rating:1
Time:07/14/2009 at 7:16pm (UTC)
Message:Ek was in matriek in 1986. Daarna is ek Pretoria toe en is nogsteeds daar. Het by die Weermag aangesluit na skool en werk nog steeds vir hulle. Is getroud en het 2 seuns. Was vriende met Louise, Tersea. Magda, Zelda, Letitia, Marietjie

Name:-
Homepage:-
Time:06/22/2009 at 6:40pm (UTC)
Message:

Name:Gail de Jager Nou Abigail Griesel Yahoo Messenger 
E-Mail:abigailgrieselgmail.com
MSN-name:Abigail
Homepage:http://www.wild forest inn.com
Rating:1
Time:05/08/2009 at 9:03am (UTC)
Message:Wil weet wat het van Adri Angus(nou van Niekerk),Carel vd Merwe,Marietjie Arend ens geword. Skakel my gerus by 083 408 9853. Ek het in 1982 matriek geskryf. Hoop om van iemand te hoor.

Name:Gert Lindeque
E-Mail:gert.lindequehelpmekaar.co.za
Homepage:-
Rating:1
Time:04/23/2009 at 5:29pm (UTC)
Message:1982 in Matriek. Daarna onderwys gaan studeer.Was gelukkig om vir die destydse Transvaal rugby te speel. My vriende was Pottie, Deon , Duppie, Spyker, Vanessa, Marietjie ens.My boet is Nicky Lindeque.Tans onnie by Helpmekaar Kollege. So 9 jaar reeds geskei, het n pragtige dogter , nou graad 8 in Monnas.

Name:Riana Willemse
E-Mail:riana.willemseresbank.co.za
Homepage:-
Rating:1
Time:05/05/2008 at 3:03pm (UTC)
Message:Hallo maters, hierdie website van ons is so cool! Magda ek dink jy (en jou helpers) doen 'n fantastiese job - geluk! Nou moet ons net op Facebook kom...ek sien nog nie Jan de Klerk se naam daar nie!

Ek bly al sedert ek klaar by RAU en toe by Tukkies gestudeer het in Pretoria en werk by die Reserwebank - Dept Ekonomiese Navorsing.
Geen kinders...weet nie of dit 'n blessing is of nie..!
Was baie sportief op skool (Netbal, Tennis Atletiek) en het tot laasjaar steeds vir 'n klub netbal gespeel. Ek vat hierdie jaar 'n breek want moet oortyd aan 'n groot projek werk so kom nie by die oefeninge in die aand uit nie.
My stokperdjie en passion is fotografie en ek neem baie funksies, troues, studiofotos en allerhande "goeters" af. My website is:
www.indigophoto.co.za
Laat weet as jul 'n job vir my het :-)

Kon nie by die onlangse bymekaarkoms wees nie want was siek met griep maar sien jul by die vele wat nog kom.
Riana



Name:Rene Weber (Steynvaard)
E-Mail:kweberkwce.co.za
Homepage:-
Rating:1
Time:04/13/2008 at 8:03pm (UTC)
Message:Wow guys dit is awesome!! Voel sommer nou 22j jonger. Net jammer dit lyk nie meer so nie. Het heimwee na die braai's by die dam en so baie ander.

As julle kan onthou ek het baie op skool gepraat... Is die laaste 2 dekades in bemarking en verkope. Het my eie besigheid gehad vir 6j en is tans 'n lady of leasure. Is al 17j jaar lank saam met 'n great man en het 2 pragtige kiddies. Quinton is 6j en Chloe 4j. Nou wonder julle seker hoekom het ons so lank gewag met kids, wel sal nou maar eerlik wees die oefen was te lekker. Kevyn is 'n Siviele Ing en het sy eie besigheid. Hy ontwikkel ook grond so as iemand belangstel om geld te bele in die Kaap jy het nou by die regte plek uitgekom..... Bly al bykans 20j in die mooiste deel van die wereld, omring deur berge, wynlande en die see... CAPETOWN. My ouers en beide my susters woon ook nou in die Kaap, dit is die meeste van die tyd 'n groot fees.

Groete uit die Kaap aan al die getroue ondersteuners. Hou aan Magda en Elize julle doen n puik job. I am hooked, julle sien ons by die volgende # GIG #. Chow Rene

Name:Elize (Bettie) Jordaan - nee van Niekerk 
E-Mail:elizebreakway.co.za
MSN-name:Elize
Homepage:http://www.breakway.co.za
Rating:1
Time:04/13/2008 at 9:23am (UTC)
Message:Wow - die web het gegroei van ek laas in was! Magda dis great! Ek het twee BEAUTIFUL mans in my lewe - my twee seuns - check hulle fotos uit! En hulle is absoluut die lig in my lewe! Geskei... geluk aan die wat nog steeds getroud kon bly - in vandag se lewe is dit 'n groot prestasie (As dit vir die regte doel is)! Wanneer hou ons weer makietie.... sal moet plan maak en by mekaar uitkom!
Dankie Magda vir 'n stunning blad en idee - Dis PUIK!!!

Name:Carl King
E-Mail:kckingtelomsa.net
Homepage:-
Rating:1
Time:04/12/2008 at 6:33pm (UTC)
Message:Getroud met Amor
2 Kinders, Nadia & Carl Jnr
Nadia getroud 1 Desember 2007
Bly in Middelburg. Het fabriek in Middelburg. Bou Kombuis en Ingeboude Kaste.
Ek en my seun het 'n liefde vir hengel ontwikkel. Behoort aan Vasbyt hengelklub.
Groete aan al Jannas kennisse.

Name:-
E-Mail:gideonhpolka.co.za
Homepage:-
Rating:6
Time:04/12/2008 at 3:17pm (UTC)
Message:Baie dankie vir 'n goeie blad. Ek het nognie vir julle foto's opgesit nie, maar dit kom. Ek kyk gereeld na die nuwe dinge.
Dankie vir almal
Moekie Schutte (Hattingh)

 
 
  40252 visitors (104202 hits) op hierdie WebWerf Niks word hier gewaarborg behalwe goeie intensies nie. Hou asseblief by die morele waardes wat jy saam met ons op skool geleer het.  
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free