---- Niks word hier gewaarborg behalwe goeie intensies, goeie herinneringe, goeie humor ens. nie. Hou asseblief by die morele waardes wat jy saam met ons op skool geleer het. ----
   
  Hoërskool Jan De Klerk Klas van 1985 Kuier Blad
  Jannas Gesels Forum
 
=> Not registered yet?

Hier gesels ons. Gooi!

Jannas Gesels Forum - SA Moord en Roof en Woede

You are here:
Jannas Gesels Forum => Jannas Nuus => SA Moord en Roof en Woede

<-Back

 1 

Continue->


magda
(4 posts so far)
02/04/2008 5:47pm (UTC)[quote]
Ons gesin is verlede jaar erg geraak na menigte inbrake, die laaste gedurende 'n donker nag tydens 'n gawe kragonderbreking met die komplimente van Eskom. Die maaifoedies het ons honde vermoor en ons quads wat nie verseker was nie (geen preke nodig), gesteel. Als terwyl ons geslaap het. My jongste het net begin herstel van die skok, toe is dit weer sulke tyd verlede week Dinsdag die 29ste. Ek was op pad huis toe so 22h10 en is toe slagoffer van 'n smash en grab op die 14de laan afrit. Sleep 'n halwe fakker handsakdief so 50 meter saam terwyl ek soos 'n maervark skreeu. kan jy glo my ou bakkiekie het toe boggerol gehelp - die blissim het net mooi op die 'sidesteppie' geklim en my sakkie mooi op die passasiersvloer "geneem". Geluk darem ook dat my beursie en foon op die sitplek gele en agtergebly het. Terselfder tyd wat ek so skreeu en wegtrek sien ek so in die hoek van my oog nog 'n blessitse fakker doen dieselfde met 'n vrou langs my in die regter baan. Die opportunistiese bliksims. Daarna moet mens natuurlik na almal se raad luister. Pa se hoekom hou jy jou paspoorte in jou handsak, werksmaat vra vir wat hou jy stil by die plek ens ens ens. Al wat ek weet, is dit gebeur so vinnig jy skrik eers as jy weer stil hou by die huis. Dan droom jy evil drome vir so 2 nagte en daarna word jy donners kwaad. Veral as jy jou ai afsukkel by die 'public affairs' kantoor. Dit was omtrent 'n afferre om te aanskou to ek soos 'n PMS dier begin bulk. Maar die diens is die land is net so erg op die senuwees as die "CRIME'. Die nagevolge is menig en het 'n impak op elke gebied van mens se lewe, be it werk, by die huis en familie. ek is te bang om hierdie vrydag daardie pad te ry maar ek moet, want werk is werk.

Ek bly kwaad en toe wonder ek: hoeveel van ons jannas maats is in die afgelope paar jaar slagoffers van misdaad. Ek hoor graag van julle?

Ter afsluiting en geensins dat dit my gehelp het nie, die volgende oor woede:

The trap of anger
Your anger hurts you much more than it affects anyone else. When your energy and awareness are tightly wrapped around anger, you're not much good for anything else.
There are many things beyond your control that can be perfectly legitimate reasons for anger. Yet the amount of time you maintain that anger is completely up to you.

The more quickly you move on, the better off you'll be. When you feel the first sensation of anger, let that be a reminder to let it go.

Anger can be useful in calling your attention to matters that require your response. But anger itself is not an effective response.

Take a slow, deep breath and remind yourself of how much more effective you can be by maintaining a positive, results-oriented approach. Decide, in a cool, calm and thoughtful manner, exactly what response would be the most powerful and valuable, and then make it happen.

Don't let the foolish, thoughtless, destructive actions of others catch you in a trap of anger. Take note of the anger, let it go, put your focus on being your best, and you'll surely emerge as a winner.

Groete tot volgende keer. (en ry die bliksims dood..........)

se sy wat nie vloek nie!!!!!!!!

Alta
(1 post so far)
04/08/2008 9:17am (UTC)[quote]
Dit het nou nie juis met my gebeur nie, maar gister luister ek op die nuus van 'n geval waar dit gebeur het, en die bestuurder toe mos uitklim en die donner skiet. Sal daar toe mos kommentaar wees van die polisie dat dit onder geen omstandighede aanvaarbaar is dat die publiek reg in eie hande neem nie. Nou wil ek net dit weet: Is dit dan aanvaarbaar dat 'n onskuldige motorbestuurder se ruit stukkend geslaan word, sy goed gesteel word, waarvoor hy vrek hard werk, en dan net toekyk hoe die donner dit net doodeenvoudig vat. WAT IS DAN AANVAARBAAR? Ag nee, Dit maak my net goed die hel in. Sterkte aan almal wat nog lank in hierdie land gaan bly.

Alta Launspach.



Total topics: 18
Total posts: 22
Total users: 142
Online now (registered users): Nobody crying smiley
 
 
  40249 visitors (104197 hits) op hierdie WebWerf Niks word hier gewaarborg behalwe goeie intensies nie. Hou asseblief by die morele waardes wat jy saam met ons op skool geleer het.  
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free